Monday, 25 April 2011

KINDERS VAN DIE WÊRELD!


 
Wat sien jy meneer?
Wat sien u mevrou?
As ek aankom in die straat
Sonder sakdoek of sneusie
Op ‘n koue winter’s oggend
Met my honger lyfie
En my keine eina stap?

Sien jy ‘n kind van die wêreld;
‘n Kind met ‘n toekoms
‘n Kind wat liefde wil hê
‘n Kind van die wêreld
“n Kind vir wie groot mense moet omgee?

Hoek bleek is die toekoms
Sonder opvoeding en onderwys
Sonder kennies en hoop?

Gee vir my ‘n kans
Om die heelal te beskou
Om te dink van meer as net stof
Gee vir my ‘n kans
Om bo in die boom te sit
En die wêreld, my wêreld te beskou
Want ek is ‘n kind van die wêreld,
Asseblief meneer, asseblief mevrou
Gee my ‘n kans.

No comments: