Tuesday, 16 August 2011

Story Writing Workshop - Een dag was daar....

DIE VERKANSIE

Vroeg een oggend het Sarie vir Anna gekuier.
“Goeie more” sê Sarie en soen haar vriend op die wang terwyl sy haar ‘n stywe drukkie gee: “Hoe gaan dit met jou?”
“Dit gaan goed met my” sê Anna met ‘n groot glimlag.
“Ek het gedroom dat jy seer gekry het” Sarie lyk skielik bekommerd maar Anna lag.
“Daar is niks met my fout nie, jy het my net gemis!”

“Dit is waar” stem Sarie saam: “Dit is amper drie weke wat ons nie mekaar sien nie.”
“En hoe was jou vakansie by die plaas?” vra Anna.
“Ek kon nie wag om weer dorp toe te kom nie, sodat one saam na die Baai kan gaan.
Ons het net die naweek kans want die skool begin weer volgende week” sug Sarie.
“Moenie vir jou kommer nie my vriend. Ons sal Saterdag lekker gaan braai in die Baai.”

“Ek sal die vleis bring” sê Anna: “En dan bring jy die speserye en die brood.”
“Ek sal my pa se rooster ook bring” voeg Sarie opgewonde by.
“Dit sal die perfekte einde vir die vakansie wees.”

SLIM-JAKS SE TROUE

Een dag was daar ‘n jakkals en sy naam was Slim-Jaks. Vroeg een namiddag kom kuier wolf by Slim-Jaks.
“Goeie middag my ou vriend, hoe gaan dit met jou?” sê Wolf vir Slim-Jaks met ‘n glimlag.
“Ek kan regtig nie klaar nie” antwoord Slim-Jaks: “Wat kom kuier jy vir my so uit die bloute uit?”
“Ek het gedroom” sê Wolf met groot oë: “Dat jy met die mooiste jakkals wuifie getrou het.

Slim-Jaks sug hartseer.
“Ek droom ook daarvan my vriend, maar ek het haar nog nie ontmoet nie en ek weet nie waar om vir haar te soek nie.”

Wolf sien die verlange in sy vriend se oë en skielik onthou hy iets!

“Ek weet!” sê hy opgewonde: “Laat een nag toe ek nog deur die bos geloop het op soek na kos, toe hoor ek stemme in die verte en wat ek naby genoeg is toe sien ek ‘n groot skuur waar die moosite jackals wuifies partytjie gehou het.”
“Wat sort partytjie was dit?” vra Slim-Jaks opgewonde.
“Ek weet nie want ek was te bang om nadir te gaan. Ek was nie vir ‘n partytjie aangetrek nie…”

“Jy moet my sê waar die skuur is sodat ek myself aan hulle kan gaan voorstel!”
“Dit was naby ‘n revier” wolf krap sy kop soos hy probeer onthou: “Die skuur is wit en rooi gewerf en daar was baie bome…”
“Ek weet van daardie skuur!” skree Slim-Jaks en hy gryp sy kam en begin sy hare ‘n mooi paaidjie maak.”
“Dit is waar jy jou vrou gaan ontmoet!” lag wolf terwyl sy vriend opgewonde in die skemerte in hardloop.



N SOENTJIE BY DIE SEE

Een dag was daar ‘n meisie wie se naam Biebie was en haar outjie se naam was Kalla. Vroeg een middag kom kuier Kalla vir Biebie.
“Biebie” sê hy: “Ek het gedink dat ek en jy ‘n bietjie see toe moet gaan soda tons ‘n bietjie alleen kan wees.”
Biebie glimlag breed: “Ek het presies dieselfde ding gedink!” en Kalla lag met verligting.
“Ek werk nie saterdag nie.”
“Ek sal vir ons toebroodjies inpak” glimlag Biebie en neem sy hand: “En jy kan ‘n koeldrank koop en ‘n kombers saam bring.”
Kalla is sommer verlig: “Ek sal vir jou nege uur by die huis kom haal.”
Biebie soen hom op die wang tow haar mammie roep.
“Ek moet gaan” sê sy.
“Ek sien vir jou Saterdag” glimlag Kalla.

No comments: